Cecilia's Blog

9 April 2010

‘n Oop brief aan my regse, Afrikaner “maatjies” (en ander briewe ook)

Filed under: current affairs — Cecilia @ 12:32
Tags: , , , ,

Beste Koos*

Toe jou e-pos met die titel, “Land grabs RSA!” in my inbox beland het, het ek eers gedink dat dit ‘n grappie is wat nou net hier aangekom het. Aangesien dinge deesdae maar rof gaan by die werk en ek maar min grappies per e-pos kry, het ek toe moeite gedoen om te dubbel-kliek op dié enetjie. Ek het ‘n oulike, effens sarkastiese storietjie verwag. Amper iets in die lyn van Hayibo se “artikels”. (Terloops – my gunsteling een op die Hayibo webwerf is tans hierdie een…)

Toe nou nie. In plaas van oulike humor, moes ek toe sinnetjies lees soos “We need to unite in prayer and stand up against the evil forces of darkness that has built a house of lies and inequity and will not refrain from murder, theft, rape and whatever the Lord has condemned. The more absurd, the more acceptable!”

Dit was klaar erg genoeg, maar jou e-pos gaan toe aan: “What is happening right now in South Africa is a fulfilment of prophecies of the last century – even to the date and time of 2010!!!! (Black racist regime, 3 farm murders each week, ET’s brutal murder by a so-called youth, land grabs, finally this year we will see a full-scale extermination attempt of all non-black people in Southern Africa).”

Teen die tyd het my koffie my begin naar maak. Maar ek lees toe verder:

“Pray that the ANC’s racist regime will come to a fall and be replaced with a man of God as leader of our country. Pray that we will get help from God and also from civilised nations. Pray that God’s will be done!”

Toe haal jy die volgende versies uit die Bybel uit aan:

Matthew 6:13 – “And let us not be put to the test, but keep us safe from the Evil One.”

2 Thessalonians 3:1 – “For the rest, my brothers, let there be prayer for us that the word of the Lord may go forward with increasing glory, even as it goes with you;”

2 Chronicles 20:15 – “And he said, Give ear, O Judah, and you people of Jerusalem, and you, King Jehoshaphat: the Lord says to you, Have no fear and do not be troubled on account of this great army; for the fight is not yours but God’s.”

en hierdie ene was in geel ge-highlight, so ek neem aan dit was die belangrikste gedeelte:

2 Thessalonians 3:2 – “And that we may be made free from foolish and evil men; for not all have faith.”

Nadat jy jou brief met “God bless” afgesluit het, het jy toe ‘n berig uit The Zimbabwe Mail in geplak; ‘n berig wat ek reeds die naweek op die internet gelees het en reeds witwarm met my internetmaatjies bespreek het.

Nou goed.

Ek was woedend. Ek kon aan die warmte in my gesig voel dat ek rooi gegloei het soos ‘n kooltjie op ‘n braai. Gelukkig, net op daardie oomblik, bel my baas toe en sê “Meeting. Now. In my office,” so toe verlaat ek my liewe MacBook en gaan vergader in my baas se kantoor in die gang af. Dis eers nou, meer as 8 ure later, terwyl ek op die trein sit en cappuccino drink terwyl my e-pos aflaai (te danke aan die gratis wi-fi wat ek op my treintjie kry), dat ek kalm genoeg is om jou ontstellende briefie mooi te beantwoord.

Aangesien ek nie ‘n Christen is nie, en ook nie in ‘n Christen familie grootgeword het nie, moes ek ‘n klomp goed Google. Dankie tog vir Google! Google weet alles, is orals, en beantwoord altyd al my vrae! (Wag bietjie, beteken dit dan dat Google ‘n geloof is?) Nêrens in die Bybel kon ek enige verwysing kry na die “prophecy” wat voorspel dat Eugene Terreblanche in 2010 vermoor gaan word nie. Ek moes toe vir Google vra om eerder Nostradamus se voorspellings na te slaan, maar selfs dié soektog het vir my ‘n “Error, not found” boodskappie gegee. Ek het ook niks gekry toe ek die woorde “black racist regime + prophecy + 2010” vir Google gegee het nie. Die woorde “full-scale extermination + non-blacks + 2010” het my ‘n verwysing gegee na ‘n PDF met die titel “Odors and Air Pollutants 2010”, maar ek dink nie dis wat jy bedoel het nie.

So na watter “prophecy” verwys jy? Want dit lyk nie vir my of enige sulke voorspellings in die Bybel, of selfs in Nostradamus se skrywes voorkom nie. Ek het selfs ‘n kans gevat en vir Google gevra om te kyk wat het Siener van Rensburg oor die saak te sê, maar daar het ek ook nie eintlik antwoorde gekry nie. Ek sien hy het wel iets gesê soos “The era from 1994 until the death of Nelson Mandela will be the era in which the Afrikaners lose their power in parliament, get persecuted, murdered and alienated from their roots.” Maar net daarna het Siener gesê “… but also very big trouble will be upon the Earth, and as a result many European refugees will flee to South Africa.” Nou wat nou? Nou is ek eers deurmekaar!

Toe, omdat ek glad nie die Bybel ken nie, vra ek bietjie vir Google om te verduidelik wat God te sê het oor verkragting, moord en diefstal. Sjoe. Dit het my ‘n rukkie gevat om deur alles te lees. Klink my God is nogal bloeddorstig by tye. Hy moedig verkragtig aan (Judges 21:10-24; Numbers 31:7-18; Deuteronomy 20:10-14) of hy straf die arme vrou wat verkrag is nog verder (Deuteronomy 22:28-29; Deuteronomy 22:23-24). Ek sien hy sê mens is geregtig om meer terug te steel as wat van jou gesteel is (Exodus 22:1-8) en, as ek daardie “’n oog vir ‘n oog” -ding reg verstaan, dan beteken dit mens mag terugmoor indien iemand lede van jou familie en/of vriendekring vermoor het. So wat nou? Jy het in jou briefie geskryf, “The more absurd, the more acceptable!” Inderdaad, ja!

So nee wat. Ek het nog nooit geloof of voorspellings of voodoo of toordoktery verstaan nie, so ek gaan dit eerder los vir die slim mense wat dit wel verstaan. Maar wat ek tog verstaan, is die verbasende invloed wat slegte joernalistiek op die gemiddelde ou het. Mens hoef net te luister na die hoeveelheid mense wat gereeld Carte Blanche aanhaal, om te besef dat die gemiddelde ou nie met ‘n skeptiese of vraende houding na enige joernalistiek kyk nie (onthou jy die belaglike goed wat hulle destyds kwytgeraak het oor die PBMR? En die mense het dit geglo!). Die artikel wat jy aangehaal het is ongelukkig ‘n voorbeeld van Mugabe en die Zanu-PF se media propaganda. Ek en ‘n handjievol van my internetmaatjies het dit onmiddelik vermoed toe die artikel op die internet gepubliseer is. Kort daarna was hierdie artikel, wat dit bevestig, gepubliseer. Ek sien dat selfs ou Max du Preez in hierdie berig impliseer dat mens dit ook maar met ‘n knippie sout moet lees en versigtig moet wees vir knee-jerk reaksies.

En dit is juis wat my so erg onstel het van jou e-pos. Ek het meer insig van iemand soos jy verwag. Natuurlik het Suid-Afrika probleme. Natuurlik is Julius Malema besig om droog te maak en ongelukkig kon ET se moord nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie. Maar die situasie is glad nie so erg soos wat jy dit laat klink nie. Gautrainkonstruksie gaan nog aan en dit gaan baie goed met hulle (vra my, of gaan kyk gerus na my foto’s op Facebook van toe ek die Gautrain ouens ontmoet het en op die Gautrain gery het). Ontwikkeling in die land gaan voort, en daar is aanhoudend buitelandse beleggers wat wil kom besigheid doen hier (vra my – ek het juis vanoggend ‘n vergadering met Duitsers gehad). En het jy al foto’s gesien van die sokkerstadiums wat ons ou landjie gebou het? Dink jy dit sou in ‘n land soos die Congo kon gebeur het? Irak? Noord-Korea?

So asseblief, moenie so ‘n bohaai opskop sonder om dinge in perspektief te plaas nie. So ‘n negatiewe uitbarsting wat aan ‘n hele klomp mense gestuur word (wat nie hier in ons ou landjie sit om dit eerstehands te ervaar nie) skep geheel en al die verkeerde indruk. En glo dit of nie, dit is sulke uitbarstings wat ons SKA bod tot moer en gone beduiwel. Dit gee vir die Australiërs ammunisie om teen ons arme Suid-Afrikaners te gebruik, en ongelukkig het die buitelanders nie altyd die insig wat ons het om te besef dat die situasie nie eers die helfte so erg is soos wat dit klink nie.

So weereens, asseblief. Ons ou SKA kantoortjie probeer om vir Australië te wen, en sulke uitbarstings werk net teen ons (wat nou nog van Malema se belaglike uitbarstings?). As jy dink die SKA moet liewers Australië toe gaan, goed. Gaan dan voort met sulke ekstreme e-pos boodskappies. Haal my dan net asseblief van die verspreidingslysie af. Aan die ander kant, as jy dink iets soos die SKA moet wel Suid-Afrika toe kom, dink asseblief twee keer voor jy sulke boodskappies uitstuur.

Groete uit Johannesburg,

Cecilia

SKA ingenieur en Suid-Afrikaanse “Desktop Activist”.

***

Beste Ma,

Ek’s jammer. Ek weet jy het my geleer “Antwoord ‘n dwaas nie na sy sotheid nie,” maar soms sukkel ek nog so bietjie met daai enetjie. Sorrie.

Moerse dankie vir die tuisgebakte piesangbrood. Ek is mal oor die rosyntjies daarin! Stuur nog!!

Liefies,

xxx

***

Geagte Dr. Baas,

Kan ek ekstra verlof kry? Volgens Siener van Rensburg gaan die SKA Suid-Afrika toe kom. Kyk, hier staan dit: “…the borders of South Africa will extend beyond Zimbabwe and Namibia.” Sien jy? Ons gaan dit kry. En hy het niks gesien oor Australië nie. Dus dink ek dat ek maar bietjie ekstra verlof kan kry, of hoe?

Groete,

Cecilia

.

.

.

.

*nie sy regte naam nie.

Advertisements

12 Comments »

  1. Welgedaan, Cecilia! Kon dit nie self beter gestel het nie.

    Comment by Francelle Coetzer — 9 April 2010 @ 12:43 | Reply

    • Dankie vir die proeflees!

      Comment by Cecilia — 9 April 2010 @ 13:05 | Reply

      • Nog taal en spelfoute opgemerk:
        Verkeerd : Korrek
        Duisters : Duitsers

        Kommentaar op die relaas:
        Cecilia: Dis is verbasend dat die e-pos waarop jy reageer in Engels was. Ek lei dit af met al die volksvreemde (Engelse) versies wat jy uit Koos se brief aanhaal. Koos is seker nie ‘n “regte” Afrikaner nie. Ek bevraagteken dus die titel van jou brief – dit wil vir my voorkom asof jy jou teikengroep gemis het.

        Die Bybelversies-aanhalery staan my egter ook nie aan nie, maar die boodskap agter die versies (dat die nuwe Suid-Afrika ‘n totale fokkop is) word egter aangeval in jou skrywe. Ou Koos konstateer maar net feite: word wakker, die land is ‘n fokkop. En SKA-wêreld sal simpel wees as hulle toelaat dat gesofistikeerde toerusting installeer word in ‘n gefaalde staat met ‘n anti-wit, rassistiese, kwasi-Marxistiese regering. Ek sien al hoe annekseer Malema en sy opgesweepte, minderjarige, geïndoktrineerde dissipels hierdie skottels, sonder om te weet wat om met die goed aan te vang.

        Wat ‘n grap. Sterkte met julle bod – julle gaan dit nodig kry.

        Terloops, Carte Blanche was nog nooit ‘n goeie verwysingsbron nie – hy het Huisgenoot al lankal verbygesteek wat sensasie betref.

        Terloops nommer 2, ek het altyd gedog die sêding wat jou moeder jou geleer het is: “Antwoord ‘n do*s nie na sy sotheid nie”.

        Wederom
        Regte proefleser

        Comment by Regte proefleser — 9 April 2010 @ 15:56

      • Dagsê my Regte Proefleser,

        Dankie vir die inloer en die kommentaar. Ek sal die spel- en/of tikfoute regmaak.

        En ja, jy’s reg oor my ma se sêding, maar ek wou nou nie in die publiek vloek nie.

        Terloops – ek hoop nie hierdie beteken nou die einde van ons vriendskap nie.

        Comment by Cecilia — 9 April 2010 @ 16:08

  2. Goed geskryf, ek volg die SKA gebeure, en hierdie week het dit en niks anders in SA goed gedoen nie. Tog is ek verbaas hoeveel afrikaners nie op die “bandwagon” spring nie, my sus en swaer (boere) inkluis, almal is rerig net so moeg vir al hier strooi. Ongelukkig kry die idioties spreekbeuels die meeste aandag by die pers, en dis al die buiteland hoor, dit en die eks-pats wat se “ja, jy sien! tipies!”.

    Ekt vanmore ook vir n vriendin verduidelik dat hierdie weer n goeie voorbeeld is waarom ek atheist is, om sulke haat goed te preek op hulle bybel, hoe de hel verklaar n mens dit?

    Elkgeval, alle sterkte met die SKA projek! Ek, en hele Strydom familie (want ek stuur daagliks skakels aan al die ooms/tantes/nigs/neefs) hou sterk duimvas!

    Comment by corrie206 — 9 April 2010 @ 13:18 | Reply

    • Dankie Corrie. Dis so ‘n verligting om nog Afrikaner ateiste te ontmoet wat ook net hulle oë rol vir die land se politiek.

      En dankie vir die sterkte. 🙂 Ons (ek) sal julle op hoogte hou met hoe dit gaan!

      Comment by Cecilia — 9 April 2010 @ 13:23 | Reply

  3. Well done great post ill comment in english …. yes things are not as bad as the extremes make out…

    there bigger problems to deal with these distractions take our focus away from things we should stand up for
    and fight for ….

    if you carry on like this ill come find you and touch you on your studio hoor jy wat ek se …

    G

    Comment by Gregory — 9 April 2010 @ 13:22 | Reply

  4. Hi Cecilia

    Mag die God van Liefde, Hom eendag aan jou openbaar. Hy gee wysheid vir Sy kinders, wat onsin is vir die ‘wereld’, dis seker hoekom ‘sommiges’ die Bybel nie ten volle verstaan nie…

    Jesus het jou lief, maak nie saak wat jy gedoen het of nog gaan doen nie … Hy staan met Sy arms oop voor jou…

    K

    Comment by Carien — 9 April 2010 @ 16:18 | Reply

    • Voor my? Gits. Lyk my dis terug oogarts toe met my. Ek sien net mooi niks.

      Comment by Cecilia — 9 April 2010 @ 16:24 | Reply

    • So beautifully put, Carien. In the end, He’s all about love!
      Perhaps we sometimes overthink the Bible, perhaps we should just believe like little children.

      Comment by Camrin — 21 August 2011 @ 00:05 | Reply

  5. Hi Cecilia dankie dat jy my in you brief in CC het, lekker gelees en lekker gelag.

    Enige persoon kan identifiseer dat Rassisme in Suid Afrika op baie vlakke nog bestaan in beide rigtings en jy hoef in geen God te glo om die effekte van rasisme raak te sien nie.

    *Koos se brief vra aleenlike vir een ding. Gebede. Niks anders nie. Daar is geen haat spraak of vêr regse komentaar nie. Dit is wel duidelik dat jy nie bedreig voel nie, maar ek is jammer om te sê dat nie almal in Suid Afrika se lewens so eenvoudig is nie, en wanneer die ANC se jeug leier elke dag van moord sing en geen volwassene hom op sy plek sit nie sou ek dink jy kon teen nou al sien dat die leiers van die ANC hom ondersteun.

    Die aanhalings in *Koos se briewe is van Siener se profisie(jammer om jou te laat weet, maar Google het nie al die anwoorde waarna jy soek nie) en die bybel aanhaalings is soos die hele Bybel redelik oop vir interpritasie en ek beloof jou dat die algemene Chrisinlike interpretasie van die Bybel nie ‘n Bloeddorstige interpretasie is nie.

    Daar is baie geskiedenis in die bybel wat vertel van bloeddorstigheid, maar wanneer jy die volledige verhale lees is dit allenlik verhaler deur Christene geskryf waar hulle jou vertel hoe hulle deur geloof in harde tye oorleef het. Jou aanhaling van “Oog vir ‘n oog” is swak en uit konteks, jy het duidelik nog nooit die hele vers in die Bybel gelees waar jou aanhaling van af kom nie. Ek is jammer om te hoor jy is nie in ‘n Christen huis groot gemaak nie, ek hoop maar net jou verlooning van ons Here is as gevolg van die gene wat jou valse kwotasies geleer het soos “Oog vir ‘n Oog” wand as dit die kwesie is beteken dit jy is steeds ‘n kind in die oog van die skepper en he sal jou steeds me ope arms verwelkom in sy koningkryk. Doen jou self ‘n guns en skakel jou Macbook af die naaweek en gaan lees so paar volledige verse uit die Bybel. Ek verwag nie van jou hand oor voet die Christin geloof aan te neem nie, ek sou net graag wou hê dat jy effens meer insig in die Bybel neem voor jy jou naam weer gat maak soos met hierdie brief van jou.

    *Koos se brief is in Engels omdat hy nie ‘n vêr regse Afrikaner Do*s is soos sommige gene wat dink die wêreld draai om die Afrikaner volk nie, en sy vraag na gebede nie net tot afrikaners beperk nie.

    Lees *Koos se brief weer, Malama sing van veg met Gewere and messe, *Koos praat van veg deur gebed en geloof.

    Comment by Choppie — 9 April 2010 @ 20:51 | Reply

  6. Hey Cess,
    It’s real late and as I’ve given up facebook for a month I browsed through my 3followers on Twitter, ha ha. Stumbling upon your blog ofcourse.
    Read this one first, and wow!

    I haven’t read *Koos’ letter, ag and I don’t really want to. No amount of bibleverses can ever convert a person…if you don’t want to be. All I can offer you is my own personal testimony about how my Father in heaven has kept His hand over me ALL my life.
    You know, I read proverbs the other night, and its such a clever bit of literature. The one particular verse said a brother offended is harder to win over than a strong city and contentions seperate them like the bars of a castle.

    Whilst I understand you find it perhaps unnatural to believe in anything i must ask that atleast respect is shown towards my faith and the Holy Word.
    Those who use it out of context to promote their own agendas, thereby bringing division and rebellion will have to give reconning when their time comes.

    I don’t go around bashing the Koran and the people who believe it, possibly because I don’t know enough about it and also who am I to judge? Or atheists about how I pity them for their ignorance, and how their missing out! I will however stand up for the Lord’s Word.

    Bottomline, each person must work out his salvation for himself, and I noticed you said you’re proudly south african so I would assume you pursue respect as a value. Please respect my faith and it’s Word.

    Good piece of writing though, my friend.
    You are in my prayers,

    Love
    Cam

    Comment by Camrin — 21 August 2011 @ 00:36 | Reply


RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: